Saturday 30 June 2012

Verhuis met Katte

Kontrak is geteken en sleutels gekry. Ons trek oor minder as 4 weke na ons nuwe huisie!

Ek het in Tuis tydskrif die oulike artikel gelees.

Verhuis met katte

Katte is uiters territorial en kan ontsteld raak as hul omgewing skielik verander.
Theresa Ferreira skryf: Ek verhuis een van die dae en wil graag weet watter voorsorgmaatreëls ek kan tref om nie my twee katte te veel te ontwrig nie.
Raad uit die SA Pet-friendly Directory: Aangesien katte oor die algemeen gewoontevas is en verandering haat, moet jy alles in jou vermoë doen om die impak van die verhuising te beperk.
• Probeer om jou katte gewoond te maak aan hul mandjies deur die deurtjies oop te los en speelgoed uit die dak te hang. Sorg dat jou katte positiewe en prettige ervarings in en om die mandjies het.
• Katte is mal daaroor om in bokse te speel – paktyd kan dus speeltyd word!
• Sluit jou katte die aand voor jy verhuis in die huis toe, aangesien hulle verandering aanvoel en kan verdwyn.
• Op die dag wat jy verhuis, is dit die beste om jou katte in ’n aparte kamer te hou of hulle by ’n vriend of bure se huis toe te sluit. Anders kan jy hulle vir die dag na ’n katherberg of ’n veearts toe neem.
• Rig ’n kamer in die nuwe huis in vir jou katte en sit bekende items waaraan hul reuk is, daarin. Moenie die sandbak vergeet nie!
• Hou hulle vir minstens twee weke in die huis.
• Laat jou katte die huis geleidelik verken totdat hulle gewoond is aan die nuwe omgewing en alles uitgepak is.
• Sorg dat jou katte elkeen ’n halsbandjie met ’n skyfie het waarop jou nuwe telefoonnommer en adres verskyn. Jy kan ook vooraf vir hulle mikroskyfies laat aanbring vir ingeval hulle verdwaal.
• Gee jou katte Rescue Remedy vir die week voor en die week ná die verhuising.
• Maak vooraf seker waar die veeartse in jou nuwe area is en hou hul nommers byderhand vir ’n noodgeval.
• Moenie bekommerd wees as jou katte ’n paar (tydelike) gedragsprobleme ná die verhuising ontwikkel nie.
Kontak petfriendly.co.za

No comments:

Post a Comment